7 Dinge om te onthou wanneer jy leer

1. Jou leerspasie is baie belangrik

  • Leer by ‘n lessenaar en nie op jou bed nie.
  • Hou dit netjies.
  • Leer waar dit stil is.
  • Sorg dat daar nie dinge om jou is wat jou aandag aftrek nie.

2. Neem genoeg ruskanse

  • Leer vir maksimum 45 minute en rus 15 minute.
  • Wanneer jy ‘n breuk vat, doen iets aktiefs sodat jou brein suurstof kry.

3. Beplan jou tyd

  • Werk uit hoeveel bladsye jy moet leer en hoe lank ‘n bladsy jou gaan vat om te leer.
  • Maak tyd om weer deur al jou werk te gaan die dag voor die toets.

4. Werk deur oefenvraestelle

  • Wanneer jy klaar al jou werk geleer het, werk deur oefen vraestelle.
  • Dit help jou om jou kennis te toets en gewoond te raak aan die manier hoe onderwysers die vrae vra.
  • Jy kan vraestelle by die skool kry of op die internet.  ‘n Goeie plek om vraestelle en hulp te kry is by https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/

5. Ken en gebruik jou leerstyl

6. Verduidelik die werk hardop wanneer jy memoriseer

  • Albert Einstein het gesê dat as jy iets kan verduidelik vir iemand sodat hulle dit verstaan, dan weet jy dat jy jou werk ken.
  • Wanneer jy jou werk leer, verduidelik dit werk hardop vir jouself.  Soos ‘n onderwyser vir ‘n klas sal verduidelik.

7. Werk slimmer, nie harder

  • Maak seker jy weet HOE om te leer en watter tegnieke om te gebruik wanneer jy memoriseer.
  • Dit help nie jy leer lang ure aanmekaar, maar jy kan niks onthou nie.  
  • Jou leerstyl, saam met die regte studiemetodes, sal jou help om meer werk te leer in ‘n korter tyd.

As jy wil weet hoe om reg te leer en wat jou leerstyl is, kontak ons by info@studiemetodes.co.za of besoek ons website by www.studiemetodes.co.za.  Al ons werkswinkels sluit ‘n leerstyltoets, persoonlikheidstoets en brein dominansie voorkeur toets in, saam met die praktiese studiemetodes werkswinkel.  

studie metodes werkswinkels

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping