Maak huiswerk tyd makliker met hierdie wenke

Huiswerk tyd kan ‘n nagmerrie wees.  Kinders kan soms oorweldig voel oor die hoeveelheid huiswerk wat hulle moet doen.  Elke ouer ken die gevoel van frustrasie wanneer huiswerk tyd in ‘n konflik tussen ouer en kind ontaard.  Hier is ‘n paar wenke om huiswerk tyd bietjie makliker te maak.  

  • Kry ’n spesiale huiswerk hoekie waar die fokus net op huiswerk en leer is.  Daar moenie dinge wees wat die aandag kan aftrek nie.
  • Doen tydsbeplanning.  Laat jou kind saam met jou sit en deur die huiswerk lees.  Beplan saam min of meer hoe lank dit gaan vat om te voltooi.  Onthou om tyd in reken vir rusperiodes ook. 
  • Probeer elke dag op dieselfde tyd huiswerk doen. Begin vroeg as jou kind makliker konsentreer as hy steeds die skooldag se momentum het.  Of laat hy eers rus as hy moeilik na die skooldag konsentreer.  Dit hang af van kind tot kind.  
  • Motiveer eerder as kritiseer.  Prys hom as hy iets reg doen. 
  • Bied ’n beloning aan.  As hy sekere punte kry, beloon hom met iets.  Maar ken jou kind en weet wat dit is wat hom motiveer.
  • Laat hom self kies watter vak se huiswerk hy eerste wil doen.  
  • Maak ’n “checklist”.  Daar is iets aan ’n “checklist” wat vir ’n mens ’n gevoel van sukses gee.  Skryf elke huiswerk opdrag neer en merk dit af wanneer jy klaar is.  
  • Moenie te lank aanmekaar huiswerk doen nie.  Werk vir ’n halfuur en rus dan 15 minute. 
Studie Metodes

Benodig jy hulp met studiemetodes?  Weet jy hoe om jou eie toesprake te skryf?  Kan jy begripstoetse doen?  Ons bied verskillende werkswinkels aan om jou te help.  Kontak ons by info@studiemetodes.co.za 

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping