Description
Baie studente studeer hard, maar sukkel steeds om inligting tydens toetse en eksamens te onthou. Die probleem is dikwels nie intelligensie of moeite nie — dit is eenvoudig dat die student studiemetodes gebruik wat nie by hul leerstyl pas nie.
Die Volledige Studie Assesseringspakket help studente om te ontdek hoe hulle die beste leer en hoe hulle moet studeer.
Hierdie assessering kombineer ‘n leerstyl toets met ‘n vraelys oor studiegewoontes om te bepaal hoe ‘n student studeer en watter strategieë die beste sal werk.
Wat die assessering insluit
Leerstyl Toets
Ontdek of die student die beste leer deur visuele, ouditiewe of kinestetiese leer.
Studiegewoonte Analise
Verstaan hoe die student studeer, tyd bestuur en vir toetse voorberei.
Persoonlike Studie Verslag
‘n Duidelike en praktiese verslag met studietegnieke wat by die student se leerstyl en studiegewoontes pas.
Hoe dit studente help
Studente wat verstaan hoe hulle leer kan:
-
Meer effektief studeer
-
Inligting beter onthou
-
Meer selfvertroue hê voor toetse
-
Minder stres en frustrasie ervaar
Hierdie assessering gee praktiese riglyne wat studente en ouers onmiddellik kan gebruik.
Geskik vir
Studente van Graad 4 tot universiteit.






