Description
Baie studente sukkel met studeer, nie omdat hulle nie slim genoeg is nie, maar omdat hulle nooit geleer is hoe om effektief te studeer nie.
Die Studie Strategie Sessie is ‘n persoonlike aanlyn konsultasie wat studente help om beter studiegewoontes en studietegnieke te ontwikkel.
Tydens hierdie 45–60 minute sessie kyk ons na die student se leerstyl, studiegewoontes en huidige uitdagings om praktiese maniere te identifiseer om hul studiemetodes te verbeter.
Wat ons tydens die sessie bespreek
-
Hoe die student tans studeer
-
Leerstyl sterkpunte
-
Studietegnieke vir verskillende vakke
-
Strategieë vir toetse en eksamens
-
Praktiese wenke om fokus en organisasie te verbeter
Studente en ouers verlaat die sessie met duidelike en praktiese studiewenke wat onmiddellik toegepas kan word.
Voordele van die studie sessie
Studente kry dikwels:
-
Beter begrip van hoe om te studeer
-
Meer selfvertroue voor toetse en eksamens
-
Beter studiegewoontes
-
Minder frustrasie met studeer
Sessie formaat
-
Aanlyn via Zoom
-
Duur: 45–60 minute
Geskik vir studente van Graad 4 tot universiteit.






