Description
Maak Graad 9 Natuurwetenskappe Kwartaal 2 se chemie makliker om te verstaan met ’n gestruktureerde studiepakket wat die leerder van leer → hersien → toets neem.
Kwartaal 2 fokus op Materie en Materiale.
Die pakket help leerders met belangrike konsepte rondom onder andere elemente en verbindings, die Periodieke Tabel, chemiese reaksies, balansering van reaksies, reaksies van metale en nie-metale met suurstof, roes, sure en basisse, pH en neutralisasie.
Die kleurvolle opsommings verduidelik die konsepte stap vir stap en help leerders om die verband tussen chemiese begrippe te verstaan eerder as om bloot definisies uit die kop te leer.
Daar is ook 60 vraag-en-antwoord-flitskaarte waarmee belangrike terme, reaksies en konsepte deur aktiewe herroeping vasgelê kan word.
Die uitdagende vraestel gaan verder as eenvoudige definisies. Leerders kry die geleentheid om chemiese kennis toe te pas, reaksies te interpreteer, vergelykings te balanseer en probleme rondom pH, sure, basisse en neutralisasie op te los.
’n Volledige memorandum word ingesluit.
Die pakket bevat:
- Kwartaal 2 volledige opsommings
- 60 vraag-en-antwoord-flitskaarte
- Uitdagende vraestel
- Volledige memorandum
- Kleurvolle StudieMetodes-uitleg
- Digitale PDF-formaat
Ideaal vir toetsvoorbereiding, hersiening en ekstra oefening.
© StudieMetodes | studiemetodes.co.za




