wiskunde

Wiskunde: Vriend of vyand?

Wanneer wiskunde in ‘n gesprek opgebring word, is daar gewoonlik twee reaksies.  Daar is die groep wat ‘n “wiskunde aanleg” het en met heimwee terugdink aan hulle skooldae.  En dan is daar die “ek kan glad nie wiskunde doen nie, ek het  nie ‘n wiskunde aanleg nie”, groep.  

Baie mense glo doodeenvoudig dat hulle NIE wiskunde kan doen nie.  Hulle ervaar wiskunde as ‘n monster wat hulle skooljare vir hulle moeilik gemaak het.  Die feit is egter dat enige iemand wiskunde kan doen.  Enige iemand! Ons het almal die vermoë om bewerkings te doen, breuke te verstaan, persentasies en algebra te doen en om grafieke en statistiek te verstaan sonder om paniekbevange te raak.  Ons almal is veronderstel om wiskunde op hoërskool te kan slaag.  Is daar mense wat ‘n wiskunde aanleg het?  Ja beslis.  Nie almal van ons kan wiskundiges wees en komplekse formules uitdink en verstaan nie.  Maar almal van ons kan hoërskool wiskunde doen. So hoekom sukkel so baie kinders met wiskunde?

Selfvervullings Profesie

Ou mites soos seuns is goed met wiskunde en dogters is goed met tale, word steeds in vandag se tyd herhaal.  Daardie ding dat boetie met Lego speel en goed bou, terwyl sussie pop speel.  Pa moet die kinders help met wiskunde want ma kan nie wiskunde doen nie.  Ma sal vertel dat Jannie na haar aard, want hy kan ook nie wiskunde doen nie. Of dat Sannie hou van lees, maar glad nie wiskunde verstaan nie  Die mite dat wiskunde moeilik is word oorgedra na ons kinders.  Kinders hoor hierdie goed en begin glo dat wiskunde moeilik is, maar bowenal dat hulle dom is omdat hulle nie ‘n wiskunde aanleg het nie.   Dat hulle maar liewer ‘n loopbaan moet kies waar jy nie wiskunde nodig het nie.  Feit bly staan, as jy glo jy kan wiskunde doen, en jy bring jou kant, kan jy beslis hoërskool wiskunde slaag.  Jys dalk nie so talentvol soos die top wiskundiges in die wêreld nie, maar vir hoërskool wiskunde is talent minder belangrik as harde werk, voorbereiding en selfvertroue.  

Selfvertroue is een van die hoofsleutels na wiskunde sukses

Al ooit gehoor van die gesegde, jy is wat jy dink jy is?  Of as jy dit glo, sal jy dit kry?  Die meeste kinders sukkel met hoërskool wiskunde omdat hulle nie glo in hulle vermoëns nie.  Geloof in jou vermoë is stap nommer een na wiskunde sukses.  Dan kom oefening en voorbereiding.  Maar jy kan hoe hard oefen en voorberei.  As jy glo dat jy gaan misluk, dan gaan jy misluk.  Een slegte toets maak nie van jou ‘n mislukking nie.  Maar moed opgee en om te glo dat jy nie kan nie, maak van jou ‘n mislukking.  

Harde werk vs talent

Dit is so dat sekere mense ‘n wiskunde talent het en uitblink in wiskundige areas na skool.  Maar om hoërskool wiskunde te slaag moet jy een ding doen en dit is WERK.  Jy mag dalk nie Einstein wees nie, maar as jy hard werk en reg voorberei kan jy hoërskool wiskunde slaag.  As jy die ekstra moeite doen en ekstra hard werk, is daar niks wat jou kan keer nie.  If you believe it, you can achieve it! Verstaan jy nie hoe jou onderwyser verduidelik nie?  Kry ‘n tutor.  Kyk ‘n youtube video.  Werk in ‘n studiegroep.  As jy ekstra moeite doen GAAN jy die vrugte pluk.  

Sukkel jy om te leer vir wiskunde?  Woon ons studiemetodes werkswinkel by en vind uit.  Stuur ‘n epos na info@studiemetodes.co.za om jou plek te bespreek.  

Shopping cart

1

Subtotal: R75,00

View cartCheckout