Periodieke tabel: Die eerste 20 elemente

Die periodieke tabel is nie moeilik om te leer nie. Jy moet eerstens net die inligting memoriseer, wat nie te moeilik is as jy flitskaarte gebruik nie.

Daar is 3 goed wat jy moet ken en onthou vir elke element:

  1. Die element se unieke naam;
  2. Die element se chemiese simbool; en
  3. Die element se unieke atoomgetal.

Om daardie 3 dinge vir elke element te memoriseer, is nie moeilik nie. Een metode is om ons flitskaarte te gebruik, wat vir jou die eerste 20 elemente van die periodieke tabel wys met kleure en prente.

Voordat jy probeer verstaan hoe al die elemente werk en watter kombinasie kom waar voor, maak seker jy memoriseer eers die 3 belangrike dinge van elke element (die atoomgetal, die naam en die element/chemiese simbool). Die eerste 20 elemente lyk soos volg.

  1. Waterstof = H
  2. Helium = He
  3. Lithium = Li
  4. Berillium = Be
  5. Boor = B
  6. Koolstof = C
  7. Stikstof = N
  8. Suurstof = O
  9. Fluoor = F
  10. Neon = Ne
  11. Natrium = Na
  12. Magnesium = Mg
  13. Aluminium = Al
  14. Silikon = Si
  15. Fosfor = P
  16. Swael = S
  17. Chloor = Cl
  18. Argan = Ar
  19. Kalium = K
  20. Kalsium = Ca

Leer hierdie elemente uit jou kop uit. Terwyl jy dit leer, probeer dink aan voorbeelde. Soos byvoorbeeld wat is magnesium en waarvoor word dit gebruik. Prente en kleure gaan jou help om dit beter te onthou. Hoe meer jy dit gaan herhaal, hoe beter gaan jy dit onthou.

Moenie moed opgee nie. Dit is nie moeilik om hierdie elemente te memoriseer nie. As jy elke dag een element memoriseer, sal jy teen die einde van die jaar al die elemente op die tabel uit jou kop uit ken. Leer slim en gebruik hulpmiddels. Jy kan dit doen!

Shopping cart

1

Subtotal: R75,00

View cartCheckout