Die oorgang van skool na Universiteit kan soms oorweldigend wees. Die werksvolumes is baie hoër, daar word grootliks gefokus op toepassing en minder op woord vir woord memorisering en daar word verwag dat studente self verantwoordelikheid neem vir hulle studies.

Ons studiemetodes program vir Universiteit studente is ontwikkel om voorgraadse en nagraadse studente te help om reg te studeer asook hoe om tydspbeplanning te doen vir die beste resultate. Die program is ontwikkel saam met huidige en voormalige studente.

Die werkswinkel is sowat 3 ure lank en sluit ‘n aanlyn leerstyltoets, persoonlikheidstoets en brein dominansie voorkeur toets in. Gedurende die werkswinkel leer ons studente hoe om op te som en te memoriseer en om behoorlike tydsbeplanning te doen. Ons leer jou die stappe van ons studeer program wat spesifiek vir Universiteit studente ontwikkel is en met sukses deur huidige en voormalige studente toegepas is.

Die werkswinkel kan in-persoon op ons perseel in Olympus, Pretoria bygewoon word, of via Zoom.

Kontak ons by info@studiemetodes.co.za om plek te bespreek, of kliek op die link hieronder.

Shopping cart

1

Subtotal: R75,00

View cartCheckout