studiemetodes

Praktiese wenke vir die eksamen

Die eksamen is om die draai en daarom het ons dit goed gedink om ‘n paar wenke vir die eksamen met julle te deel.  

1. Beplan jou tyd

As jy sukses wil behaal in die eksamen, is beplanning die heel belangrikste ding wat jy kan doen.  Jy het seker nou al jou afbakening gekry en jou opsommings behoort ook op datum te wees.  Werk deur jou afbakening en probeer kyk hoe lank dit jou gaan vat om deur al jou werk te leer.  Deel die bladsye op in sessies en sorg dat jy deur al jou werk is en nog tyd het om alles weer te hersien voor die vraestel.   

2. Moenie te lank aanmekaar leer nie

Jou brein kan net so lank konsentreer voor jou gedagtes begin ronddwaal.  Moenie vir ure aanmekaar leer sonder om ‘n breuk te vat nie.  Leer vir 30 na 45 minute op ‘n slag en neem ‘n 15 minute rus breuk tussenin.  Gedurende daardie breuk moet jy iets aktiefs doen sodat die suurstof na jou brein herstel kan word.  

3. Eet gesond en drink genoeg water

Gedurende eksamentyd is die versoeking groot om ongesonde kos te eet en drankies te drink wat baie kafein bevat.  Dis beter om gesonde peuselhappies te eet en om water en tee te drink wat gesond is.  So hou jy jou bloedsuiker konstant en kan jy makliker jou konsentrasie behou wanneer jy leer. 

4. Gebruik jou leerstyl

Maak seker jy ken jou leerstyl en  weet hoe om reg te leer volgens jou leerstyl.  Jy moet jou leerstyl gebruik tot jou voordeel.  Dit kan ‘n groot verskil in jou punte maak en jou help om jou werk makliker te memoriseer.

Kliek hieronder as jy jou leerstyl wil laat toets.

5. Verstaan jou werk

Dit is belangrik om nie net jou werk te leer soos ‘n papegaai nie.  Jy moet jou werk verstaan.  Wanneer jy iets verstaan gaan jy dit beter kan onthou en dit beter kan weergee in die eksamen.  Hersiening moet op ‘n slim manier gedoen word.  Jy moet so hersien dat jy die werk 100% verstaan en kan neerskryf.  Wanneer jy hersiening doen voor die eksamen is jou witbord jou beste vriend.  

As jy wil weet hoe om reg hersiening te doen voor die eksamen, woon een van ons studiemetodes werkswinkels by.  Kliek hier onder om ons verskillende werkswinkels te sien en te registreer. 

6. Hou by jou roetine

Gedurende die skooljaar het jy ‘n sekere roetine.  Jy gaan slaap ‘n sekere tyd en jy staan ‘n sekere tyd op.  Baie kinders maak die fout om hierdie roetine te breek gedurende eksamen tyd.  Dit is ‘n groot fout.  Hou by jou roetine en maak seker jy kry genoeg rus.  Gaan slaap gedurende eksamentyd op dieselfde tyd as die res van die jaar.  En staan op dieselfde tyd op.  Beplanning speel hier ‘n baie belangrike rol. 

7. Werk vraestelle uit

Wanneer jy vraestelle uitwerk, leer jy hoe onderwysers ‘n vraag vra.  Hoe meer vraestelle jy uitwerk, hoe beter.  Dit bou jou selfvertroue en leer jou hoe om dit wat jy hersien het, op papier neer te sit.  

studiemetodes

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping