leerstyle

3 Tipes leerstyle

Elkeen van ons leer op ‘n unieke manier.  Sommige van ons leer deur te luister en ander leer deur te observeer.  Jou leerstyl speel ‘n baie belangrike rol in jou sukses op skool.

Tipes leerstyle

Ons onderskei tussen 3 hoof leerstyle.  Ouditief, kineties en visueel.  Ons elkeen het ‘n bietjie van elke leerstyl, maar daar is een wat domineer.  Deur te fokus op jou dominante leerstyl kan jy leer en studeer baie makliker maak vir jouself. 

Visuele leerstyl

Die visuele leerstyl is presies wat dit sê.  Jy leer deur te sien.  Hierdie sien kan verskillende vorme aanneem.  Kleure, prente, kontras, ruimtelike bewustheid en ander visuele inligting.  Visuele leerders kan memoriseer deur ‘n video te kyk, grafieke te bestudeer of op te let wat die onderwyser op die bord skryf.  Klaskamers is die ideale ruimte vir visuele leerders. 

Eienskappe van visuele leerders

  • Is goed daarmee om te visualiseer;
  • Het goeie balans;
  • Is gewoonlik goed georganiseerd;
  • Is baie ingestel op kleure;
  • Kan woorde in hul brein omskakel na prente;
  • Gebruik visuele hulpmiddels om hulleself te verduidelik.

Kinetiese leerstyl

kinetiese leerstyl

Kinetiese leerders gebruik beweging of “hands-on-learning” om te leer en te memoriseer.  ‘n Tradisionele klaskamer opset maak dit baie moeilik vir kinetiese leerders om te konsentreer en te leer.  Het jy as ouer al gevoel jy word mal want jou kind kan nie stilsit wanneer hy moet leer nie?  Kinetiese leerders kan soms verkeerdelik as ADHD gesien word.  


Is jy op soek na studiemetodes werkswinkels wat jou lewe gaan verander?

Is jy gereed om jou akademiese reis na die volgende vlak te neem? Sê totsiens vir oninspirerende studiemetodes en hallo vir merkwaardige resultate! Sluit by ons aan vir transformerende werkswinkels wat jou benadering tot leer sal verander:

1. In-persoon Studiemetodes Werkswinkel:

Ontketen jou volle potensiaal met ons boeiende in-persoon Studiemetodes Werkswinkel! Hierdie werkswinkel is ontwerp om ‘n passie vir leer aan te wakker, en sal jou toerus met waardevolle strategieë om jou punte te verbeter en jou motivering vir skool  en leer ‘n hupstoot te gee. Ons kundige instrukteurs sal jou deur innoverende tegnieke lei, wat jou bemagtig om uitdagings te oorkom, jou begrip te verbeter en akademies te presteer. Moenie hierdie geleentheid misloop om beheer oor jou skoolwerk te neem nie!

2. Zoom Studiemetodes Werkswinkel:

Ons verstaan dat buigsaamheid van kardinale belang is in vandag se vinnige wêreld. Daarom is ons verheug om vir jou ons interaktiewe Zoom Studiemetodes Werkswinkel te bring, ‘n aanlyn ervaring wat die krag van ons lewensveranderende werkswinkel direk na jou skerm bring. Woon dit vanuit die gemak van jou eie huis by en ervaar dieselfde boeiende inhoud, kundige leiding en transformerende tegnieke wat jou leerreis sal versterk. Moenie dat afstand jou sukses belemmer nie! Kliek hier om jou plek te bespreek


Eienskappe van kinetiese leerders

  • Kinetiese leerders moet beweeg.  Of hulle nou hulle bene beweeg, met ‘n pen speel of heen en weer beweeg.
  • Hulle het ‘n uitstekende fisiese geheue.  Hulle leer iets vinnig en permanent wanneer hulle dit doen.
  • Kinetiese leerders is meestal baie goed in sport.
  • Hulle liggaams koordinasie is baie goed en hulle het ‘n goeie bewustheid van hulle liggaamsbeweging. 
  • Goeie hand-oog-koordinasie.
  • Hulle leer die beste deur “hands-on” aktiwiteite.


Ouditiewe leerstyl

ouditiewe leerstyl

Ouditiewe leerders leer die beste deur te hoor.  Hulle fokus op luister, praat en herhaling wanneer hulle memoriseer.  Hulle is baie goeie luisteraars.  Deur net op te let in die klas kan ouditiewe leerders reeds goeie punte kry.  

Eienskappe van ouditiewe leerders

  • Kan goed onthou wanneer ander mense praat.
  • Is goed daarmee om te praat in die publiek.
  • Sterk luister vaardighede.
  • Baie goed in mondeling.
  • Kan goed stories vertel.
  • Aandag kan gou afgetrek word deur geluide.
  • Hou nie van stilte nie. 
  • Hou van gesels en om hulle opinies te lug.  

Om suksesvol te wees op akademiese vlak moet jy die regte studiemetodes gebruik wat pas by jou leerstyl.  As jy op die regte manier leer, gaan jy jou werk makliker memoriseer en herroep in die eksamen.  Kontak ons gerus vir studiemetodes werkswinkels om jou leerstyl te ontdek en om daarvolgens te studeer. 

Leerstyle

Die visuele leerstyl
Die kinetiese leerstyl
Die ouditiewe leerstyl

Elke kind behoort te weet wat sy leerstyl is.  Om reg te studeer volgens jou leerstyl is van kardinale belang.  Verstaan jou kind beter deur sy leerstyl te ontdek en open ‘n nuwe wêreld vol geleenthede.  Daar is drie  leerstyle:

  • Kinetiese leerstyl:  Die dolfyn
  • Ouditiewe leerstyl: Die uil
  • Visuele leerstyl: Die arend


Bespreek aanlyn leerstyltoets

leerstyle

kinetiese leerder

Kinetiese leerstyl: Die dolfyn

Die dolfyn is die besigste van al die leerstyle. Hy sukkel om stil te sit en beweeg gedurig.


Lees meer

ouditiewe leerstyl

Ouditiewe leerstyl: Die uil

Die uil leer die beste deur te hoor. Hy kan ‘n toets slaag deur slegs te luister na wat die onderwyser sê.


Lees meer

visuele leerder

Visuele leerstyl: Die arend

Die arend leer die beste deur te sien. Deur gebruik te maak van kleure, breinkaarte en grafieke kan hy baie goed doen in die eksamen.


Lees meer

Shopping cart

1

Subtotal: R75,00

View cartCheckout