5 foute wat studente maak wanneer hulle leer

5 Foute wat studente maak wanneer hulle leer

In ‘n ideale wêreld sal jy vir elke toets 100% kry en sal jy na een keer se deurlees al jou werk kan memoriseer.  Maar ons bly nie in ‘n ideale wêreld nie.  Dit beteken nie dat jy nie kan strewe daarna om jou beste te behaal nie.  Jy moet net hierdie 5 foute probeer vermy wanneer jy leer:

1. Jy wag te lank voordat jy begin

Tydsbeplanning is een van die belangrikste vaardighede wat jy as student moet aanleer.  Wanneer jy te laat begin leer of laat met ‘n taak begin, gaan jy dit afjaag en nie doen wat van jou verwag word nie.  

2. Jy leer om te onthou, nie om te verstaan nie

Om jou werk soos ‘n pappegaai te leer kan dalk werk in sekere vakke en sekere laer grade.  Maar so ‘n leer strategie gaan jou erens probleme gee.  Die oomblik wanneer ‘n vraag op ‘n ander manier as in die handboek gevra word, of waar jy die werk moet toepas op ‘n voorbeeld, gaan jy sukkel.  

3. Jou gedagtes is negatief

As jy negatiewe dinge glo, soos dat jy sleg is in wiskunde, of dat jy nie lang paragrawe kan leer nie, gaan jy sukkel om goeie punte te behaal.  Soms hou jy nie van ‘n vak of ‘n onderwyser nie, en jy is daarom nie lus om te leer nie.  Of jy het sleg gedoen in jou vorige toets en glo daarom dat jy dom is.  Leer met ‘n oop gemoed en wees positief.  

4. Jy het nie genoeg vraestelle uitgewerk nie

Een van die beste leertegnieke vir enige vak, is om vraestelle uit te werk.  Oefeninge en vraestelle leer jou brein om dit wat jy geleer het te kan weergee.  Jy leer hoe die vrae gevra word en wat van jou verwag word. 

5. Jy slaap nie genoeg nie

Baie studente verander hulle slaappatrone wanneer dit eksamen tyd is.  Hulle gaan slaap later, staan vroeër op, of leer die hele nag deur vir more se vraestel.  Te min slaap het ‘n negatiewe impak op jou brein se vermoë om inligting te kan weergee.  

Maak seker jy vermy hierdie 5 algemene foute wanneer jy leer.  

Kontak ons vir hulp met studiemetodes:

Aanlyn

Een-tot-een/Individueel

Groep

 

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping