hartseer kind

Wanneer motivering vir skoolwerk min is

Ek gesels laasweek met ‘n matriek seun.  Vra die gewone vrae wat mens maar vir matrieks vra.  “Wat gaan jy volgende jaar doen?” “Wanneer is die matriekafskeid?” en “Wanneer begin die eindeksamen?”  Sy antwoorde was vir my amper tragies, sy lyftaal negatief.  En toe begin dit vir my duidelik word watter groot impak covid-19 op skoolkinders het.  Want sien, hy het sy motivering verloor.  Hy wat ‘n ster atleet en akademiese presteerder is.  Want waarvoor moet hy leer?  Wat is die eindresultaat?  Gaan ons teruggaan na ‘n strenger inperking?  Gaan die Universiteit my uitslae betyds kry?  Hoe gaan ons behoorlik matriekafskeid hou?

studiemetodes promosie

Watter antwoorde gee ons vir hulle?  Hulle is die eerste generasie wat deur sulke omstandighede gaan.  As volwassenes het ons al sekere hanterings meganismes aangeleer.  Ons is emosioneel wyser en kan dinge uit ander perspektiewe sien.  Maar wat sê ons vir ‘n graad 6 kind wat nie weet of hy nog volgende jaar in graad 6 gaan sit as die skole dalk weer moet toemaak in 2020 nie?  Of hoe antwoord ons ‘n graad 11 kind wat sy punte moet instuur vir universiteitstoelating, maar hy weet nie of hulle deur die leerplan gaan kom nie?  

aanlyn toetse

Mens is geneig om te dink dat dinge vir kinders makliker is.  Dat hulle aanpasbaar is.  Maar kinders floreer op struktuur, en struktuur is iets wat daar min van was in 2020.  Menige ouers kontak ons om te vra hoe hulle weer hulle kinders kan motiveer vir skoolwerk.  Hoe motiveer ‘n mens ‘n dertienjarige wanneer die wêreld deurmekaar is en hy voel dat daar nie vir hom ‘n toekoms is nie?  

Stel doelwitte

Kinders floreer op kompetisie.  Vra vir ‘n kind om teen jou resies te hardloop en hy sal sy alles gee om te wen.  Die mens is prestasie gedrewe en wil resultate sien.  Daarom is dit goed om vir jou kind bereikbare doelwitte te stel.  

Skep struktuur

Struktuur, roetine en reëls laat kinders veilig voel, al hou hulle nie daarvan nie.  Skep ‘n roetine by die huis en hou daarby.  Ons kan nie bepaal watter regulasies en veranderinge die regering gaan aanbring nie, maar ons kan wel dit was ons kan beheer, reg beheer.

Laat ons help

Sukkel jou kind om te leer?  Kort hy motivering? Stuur hom na ons studiemetodes werkswinkel waar ons kinders leer hoe om reg te leer volgens hulle leerstyl, maar ook hoe om positief te bly in vandag se omstandighede.  Kontak ons by info@studiemetodes.co.za vir meer inligting of skakel 082 419 6055.  

aanlyn studiemetodes

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping