person in white shirt with brown wooden frame

Laat eksamen stres jou punte daal?

Eksamenstres is die gevoel van spanning en bekommernis wat ervaar word wanneer jy in ‘n toets situasie kom. Dit is normaal om ‘n bietjie gespanne te voel oor komende toetse, eksamens, vraestelle of aanbiedings. Inderdaad, ‘n klein hoeveelheid stres kan jou uitdaag en jou stimuleer om harder te werk. Eksamenstres raak egter problematies wanneer dit inmeng met jou vermoë om te presteer en jou akademiese en leerdoelwitte te bereik.

Hoe voel eksamenstres in my liggaam?

Eksamenstres kan die volgende invloed op jou liggaam hê:

  • Vinnige hartklop, stywe spiere, hoofpyn, sweet, maagpyn, naarheid, diarree, droë mond, duiseligheid, kortasem en slegte slaappatrone.
  • Verandering in gedragspatrone soos byvoorbeeld vroetel (fidgeting), verandering in eetpatrone, naels byt ens.
  • Jy kan meer geirriteerd voel, sukkel met konsentrasie, “blank slaan”, vergeetagtig raak, negatiewe gedagtes hê, ‘n gevoel van hopeloosheid ervaar en aanhoudende bekommernis voel.

Wat veroorsaak eksamenstres?

Eksamenstres kan deur ‘n verskeidenheid faktore veroorsaak word. Dit is belangrik dat jy weet hoekom jy eksamenstres het, sodat jy dit reg kan hanteer. Eksamenstres word onder andere veroorsaak deur die volgende:

  • Slegte slaappatrone en verandering in slaappatrone gedurende eksamentyd;
  • Ongesonde dieet;
  • Te veel kaffeine;
  • Gebrek aan oefening;
  • Swak tydsbeplanning;
  • Verkeerde studiemetodes (kontak ons by info@studiemetodes.co.za om ‘n studiemetodes werkswinkel te bespreek en jou studiemetodes te verbeter);
  • Negatiewe gedagtes en selfspraak;
  • Deurnag studeer;
  • Te hoë verwagtinge;
  • Vergelyking van jouself en kompetisie met ander;
  • Swak uitslag in ‘n vorige toets of eksamen

Hoe hanteer ek eksamenstres?

Die beste manier om eksamenstres te hanteer is deur ‘n kombinasie van die regte studiemetodes, verandering in gedragspatrone en omskakeling van negatiewe gedagtes na positiewe gedagtes.

Vra vir jouself af hoekom jy sleg gedoen het, of hoekom jy gestres het. Het jy nie genoeg voorberei vir die toets nie? Het jy nie die werk verstaan nie? Het jy gesukkel om die manier waarop die vrae in die toets gevra word, te verstaan?

Vra jouself af waar kan jy verbeter.

  • Leer die korrekte studiemetodes (kontak ons by info@studiemetodes.co.za om ‘n studiemetodes werkswinkel te bespreek);
  • Leer hoe om jou tyd beter te benut;
  • Begin langer voor die tyd te leer;
  • Hou jou opsommings op datum;
  • Werk ou vraestelle uit;
  • Kry ‘n tutor

Jou gedagtes het ‘n groot invloed op jou gedrag en prestasie. Om beter te presteer, moet jy jou gedagtes positief hou. As jy byvoorbeeld heeltyd negatiewe gedagtes het, soos:

  • Ek is nou maar eenmaal nie goed met wiskunde nie, of
  • My suster is die slim een in die familie, of
  • Ek kan nie my werk onthou nie.

Maak seker jy verander daardie negatiewe gedagtes in iets positiefs. Leer hoe om stres beter te hanteer en nie toe te laat dat stres jou gedagtes en jou lewe oorneem nie. (As jy hulp nodig het om negatiewe gedagtes te verander in positiewe gedagtes, en om tegnieke te leer om stres beter te hanteer, kontak ons by info@coachingacademy.co.za ).

Eksamenstres hoef jou nie onder te kry nie. Jy KAN dit hanteer en jou akademiese potensiaal bereik. Maak seker jy gebruik die regte studiemetodes en dat jy die korrekte tegnieke gebruik om stres te hanteer. Woon ons studiemetodes werkwinkel by vir die regte studiemetodes. Leer hoe om stres te hanteer, positief te dink, en meer deur ons studiemotiveringsprogram by te woon.

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping