focused students doing homework at home

Leerstyle

Om leerstyle te gebruik is ongelooflik belangrik wanneer kinders leer. Elke kind is anders en daarom is dit belangrik om te weet wat jou kind se leerstyl is. Deur te weet wat jou kind se leerstyl is, en hoe om dit te gebruik, gaan jy leer makliker maak vir beide jou kind en jouself.

Tipes Leerstyle

Daar is drie hooftipe leerstyle:

  • Visuele leerstyl;
  • Ouditiewe leerstyl;
  • Kinetiese leerstyl

Vir ‘n visuele leerder is dit maklik om iets te onthou wat hulle sien. Wanneer ‘n onderwyser ‘n wiskunde som op die bord verduidelik, en die stappe uitskryf, is dit maklik vir ‘n visuele leerder om die stappe te onthou. Hulle kan later die som in hulle gedagtes sien en onthou hoe die onderwyser die som gedoen het.

Deur net te luister in die klas, kan ouditiewe leerders reeds goeie punte kry. In die wiskunde klas sal hulle aandagtig luister na die onderwyser en onthou wat hulle gehoor het.

Kinetiese leerders vind dit moeilik om stil te sit en te luister na ‘n onderwyser. Hulle onthou gewoonlik nie baie goed as hulle moet sit en luister nie. Wanneer kinetiese leerders in die wiskunde klas na die onderwyser kyk en luister, is dit nie genoeg om die werk te verstaan en goeie punte te kry nie. Hulle moet die som doen en probeer. Wanneer hulle die som self doen, sal hulle die stappe onthou.

Wil jy weet wat jou kind se leerstyl is? Voltooi ons aanlyn leerstyltoets.

Shopping cart

1

Subtotal: R75,00

View cartCheckout