wiskunde

Hoe antwoord ek ‘n eksamen vraestel?

Beplan jou tyd

  • Kyk hoeveel punte die hele vraestel tel.
  • Kyk na elke vraag se punte telling en pas jou tyd daarby aan.  As die totaal van die vraestel 100 punte is en vraag 1 tel 10 punte terwyl vraag 2 miskien 90 punte tel, moenie te veel tyd aan vraag 1 spandeer nie.  
  • Hou die tyd dop en maak seker jy het aan die einde genoeg tyd oor om weer deur jou vraestel te werk. 

Lees die instruksies

Moenie net begin antwoord nie. Lees eers mooi deur die instruksies voordat jy begin.  As jy nie die instruksies volg nie, kan jy baie punte verloor. 

Lees die vraag mooi voor jy antwoord

Lees elke vraag ten minste twee keer deur voordat jy antwoord.  Maak seker jy verstaan duidelik wat gevra word.  

studie metodes werkswinkels

As jy klaar is, lees weer die vraag en jou antwoord

Wanneer jy klaar is met ‘n vraag, lees hom vinnig deur om seker te maak dat jou antwoord reg is.  

Antwoord in vol sinne

Wanneer jy ‘n vraag antwoord, moenie net een woord skryf nie.  Skryf in vol sinne en gebruik die vraag as deel van jou antwoord.

Voorbeeld:

Vraag:  Met watter wapen het die Zoeloes graag geveg?

Verkeerde antwoord:  Assegaaie

Regte antwoord:  Die Zoeloes het graag met assegaaie geveg.

Omsirkel die hoeveelheid punte wat die vraag tel sodat jy nie te veel of te min skryf nie

Voordat jy begin om ‘n vraag te antwoord, moet jy seker wees hoeveel punte daardie vraag tel.  As jy nie seker is wat die vraag se punte telling is nie, kan jy punte verloor omdat jy te min skryf.  Of jy kan tyd verloor omdat jy te veel skryf.  Trek ‘n sirkel rondom die punte telling wanneer jy die vraag deurlees.  So gaan jy seker wees wat jy moet antwoord en hoeveel jy moet skryf. 

studiemetodes

Kyk uit vir woorde soos beskryf, noem, vergelyk, bespreek ens en pas jou antwoorde daarby aan

Die manier waarop ‘n vraag gevra word, gee vir jou ‘n idee wat jy moet antwoord en hoe jy dit moet antwoord.  As die vraag byvoorbeeld noem dat jy iets moet beskryf, moenie net iets noem nie.  Skryf in meer detail.  

Moenie te lank by een vraag vashaak nie.

As jy sukkel, gaan na die volgende vraag toe.  Jy kan altyd terugkom na die vrae waarmee jy sukkel.  As jy te lank sukkel by een vraag gaan jy nie genoeg tyd he om die ander vrae te antwoord nie.  Doen die maklike vrae eerste. 

Lees aan die einde van die toets weer deur al die vrae

Wanneer jy klaar is met jou vraestel, moenie net stop nie.  Lees weer deur die vrae en jou antwoorde.

  • Maak seker jou antwoorde is in lyn met die punte tellings;
  • Kyk of jy die vrae reg verstaan het en of jou antwoorde sin maak.

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping