Die ouditiewe leerstyl
ouditiewe leerstyl

Die uil leerder leer die beste wanneer hy hoor.  Deur net op te let in die klas kan die uil leerder al klaar sy toets deurkom.  Die uil leerder onthou sy werk beter wanneer hy hoor of praat.

Eienskappe van die uil leerder

  1. Die uil leerder is gewoonlik baie sosiaal en is ook goeie luisteraars.
  2. Uile is goed daarmee om iets te verduidelik en kan ander se aandag vasvang met hulle grappies of stories.
  3. Die uil leerder is baie sensitief vir ander se stemtoon.
  4. Uile is geneig om hardop met hulleself te praat.

Studie strategiee vir die uil leerder

  1. Leer saam met ‘n ander uil leerder.
  2. Neem jouself op terwyl jy jou werk hardop lees en luister daarna.  Jy kan ook die onderwyser in die klas opneem.
  3. Leer hardop.
  4. Vermy geraas in jou leerarea.

Ouditiewe leerstyl: Dink jy dat jy ‘n uil leerder is?
Voltooi ons aanlyn toets en vind uit:

Shopping cart

1

Subtotal: R75,00

View cartCheckout