Die Kinetiese leerder

Die dolfyn leerder is die “besigste” van die 3 leerstyle.  Hulle sal altyd iets beweeg, of dit nou hulle bene is wat swaai, hulle pen wat tik op die tafel of hulle stoel wat aanhoudend beweeg.  Die dolfyn leerder is vir baie ouers ‘n groot uitdaging omdat hulle nie stil kan sit en leer nie.  Tradisioneel word daar van kinders verwag om doodstil te sit en te konsentreer.  Maar dit is baie moeilik vir die dolfyn leerder om doodstil te sit.

Eienskappe van die dolfyn leerder

  1. Die dolfyn leerder moet altyd beweeg.  Hulle leer deur hulle liggame en hulle tassintuig.
  2. Dolfyn leerders het uitstekende fisiese geheue.  M.a.w. hulle leer vinnig en onthou baie goed wanneer hulle iets doen.
  3. Dolfyn leerders is gewoonlik baie goed met fisiese aktwiteite omdat hulle goeie koordinasie het en hulle liggame baie goed ken. Hulle het goeie reflekse en uitstekende hand-oog-koordinasie.

Studie strategiee vir die dolfyn leerder

  1. Wanneer die dolfyn leer, is beweging baie belangrik.  Skryf terwyl jy leer, skribbel of speel met ‘n stresbal.
  2. Gebruik grafieke, breinkaarte en modelle.
  3. Gebruik flitskaarte en beweeg rond terwyl jy dit leer.
  4. Studeer op ‘n yoga bal of ‘n stoel wat beweeg.
  5. Leer in ‘n studiegroep

Wil jy weet of jy ‘n kinetiese leerder is?

Voltooi ons aanlyn leerstyltoets

Shopping cart

1

Subtotal: R75,00

View cartCheckout