fortnite

Is FortNite goed vir my kind?

Amper elke tweede kind wat kom vir ‘n studiemetodes werkswinkel kan nie uitgepraat raak oor die Fortnite videospeletjie nie.  Dit is asof daar ‘n ontploffing in jong spelers is wat die speletjie speel.  As aanbieders van die werkswinkel het ons besluit om self die speletjie te probeer en om na te lees oor die voor- en nadele daarvan vir jong kinders.

fortnite
fortnite

Wat behels Fortnite?

Fortnite is ‘n aanlyn videospeletjie waar die spelers hulle vaardighede moet gebruik om te oorleef.  Spelers moet hulpbronne en wapens buit en dit gebruik om teen vyande te veg en te oorleef.  As jy die laaste persoon is wat oor is, is jy die wenner.  

Daar is ‘n paar basiese aspekte aan die speletjie:

  • Spelers moet wapens buit en dit organiseer volgens belangrikheid.  Daar is 5 plekke beskikbaar om wapens, beskerming en gesondheids hulpbronne te stoor en daarom moet spelers besluit watter items belangrik is.
  • Wat Fortnite uniek maak teenoor ander aanlyn skiet speletjies is die bymekaarmaak van hulpbronne.  Spelers maak hulpbronne bymekaar sodat hulle hulself kan beskerm teen aanvalle deur strukture te bou.
  • Spelers word omring deur ‘n sirkel wat al hoe kleiner word soos wat die tyd aanstap.  Spelers moet binne hierdie sirkel bly, anders word hulle vernietig deur die storm wat die sirkel vergesel.
  • Ten einde die laaste speler in die speletjie te wees, moet spelers ander spelers doodmaak deur hulle wapens te gebruik.  
kersfees promosie
kersfees promosie
kersfees promosie

Impak van Fortnite op brein ontwikkeling

Fortnite is ‘n derde-persoon-skieter speletjie wat beteken dat spelers die aksie sien asof hulle agter die karakters staan wat hulle beheer.  Dit is dus ‘n visueel-ruimtelike aktiwiteit en daarom sal dit die visueel-ruimtelike aspekte in die brein stimuleer.  Hierdie dele van die brein werk met jou vermoë om te visualiseer en om objekte te manipuleer en kan van hulp wees vir argeoloë, ingeneurs of chirurge.  

Navorsing bewys dat eerste- en derde-persoon-skiet speletjies kragtige brein oefening kan wees wat sekere kognitiewe vermoëns kan verbeter soos visuele aandag, konsentrasie, navigasie, taak verwisseling en die vermöe om meer as een ding op ‘n slag te doen.  

Fortnite kan ook help met besluitneming onder druk, fokus, reflekse, konsentrasie, beplanning en om te leer hoe om dinge volgens belangrikheid te sorteer.  

Fortnite is goed vir memorisering, deursettingsvermoë en om terugslae te hanteer.  Jy leer om op te staan en aan te gaan ten spyte daarvan dat jy nie wen nie.  

fortnite gameplay

Hoe beinvloed Fortnite fisiese gesondheid?

Fortnite is goed vir die ontwikkeling van goeie reflekse tesame met vinnige besluitneming.  Maar behalwe vir dit het die speletjie nie ‘n positiewe impak op fisiese gesondheid nie.  Die speletjie kan ook baie intens raak soos wat kinders vorder en dit kan hulle bloeddruk en stresvlakke verhoog.  Kinders se bene en spiere groei steeds en moet ontwikkel word deur fisiese aktiwiteite.  Daarom is dit nie goed wanneer kinders heeldag video speletjies speel nie.  Balans is hier baie belangrik.  

Die sosiale aspek van Fortnite

Omdat Fortnite saam met maats gespeel kan word, is daar ‘n sosiale aspek daaraan wat nie in gewone speletjies gevind word nie.  Spelers kan met mekaar praat en aanlyn interaksie hê.  Die positiewe aspek hiervan is dat kinders leer om te kommunikeer en leiding te neem wanneer hulle speel.  Hulle ontwikkel hulle verbale kommunikasie vaardighede en leer om te luister en instruksies te volg, Die nadeel daarvan is aanlyn boelies wat kinders se selfvertroue kan breek.  Die speletjie kan intens raak en kinders kan moontlik aggressief raak met mekaar.  Ouers moet uitkyk vir hierdie tipe boelie gedrag.  

Op watter ouderdom kan my kind Fortnite speel?

Fortnite het ‘n ouderdomsbeperking van 12+.  Vir ouers om te besluit of hulle jonger kinders hierdie speletjie kan speel, is ‘n persoonlike besluit.  Neem in ag dat Fortnite inherent ‘n speletjie is waar geweld gebruik word om te wen.  Kinders gebruik gewere om vyande dood te skiet, dus as jy as ouer nie gemaklik is met hierdie konsep nie, is dit beter om te wag dat jou kind ouer is.  Anders as ander speletjies soos Call of Duty , is Fortnite nie grusaam nie.  Daar is geen bloed nie en vyande wat geskiet word verdwyn net.  Dit is meer gefokus op ‘n “cartoon” konsep as op realisme.  Ons sal aanbeveel dat ouers eers self die speletjie speel en dan ook saam met jonger kinders speel om hulle sodoende te begelei.  

fortnite gameplay

Fortnite kan baie voordele inhou vir kinders en indien kinders oud genoeg is en dit nie vir ure aaneen speel nie, kan dit goed wees vir hulle brein ontwikkeling.  

Soek jy hulp met studiemetodes?  Woon een van ons studiemetodes werkswinkels by.  Dit word aanlyn, een-tot-een of in groepsverband aangebied. Kliek hier onder vir opkomende datums en om jou plek te bespreek:

Shopping cart

1

Subtotal: R75,00

View cartCheckout