studiemetodes

Wenke om begripstoetse te beantwoord

Begripstoetse is ‘n lekker manier om punte bymekaar te maak.  Maar die meeste kinders sukkel met begripstoetse en weet nie altyd hoe om dit te antwoord nie.  Hier is ‘n paar wenke om begripstoetse te beantwoord.

  • Lees die stuk aandagtig deur. MOENIE HAASTIG WEES NIE.
  • Lees deur die vrae wat gevra word.  Onderstreep die vraagwoorde in elke vraag:  WAAROM, HOEKOM, WANNEER, HOE ens.
  • Lees WEER deur die stuk.
  • Onderstreep die antwoorde in die leesstuk. As dit vraag 1 se antwoord is, sit ‘n nommer 1 by die sin wat jy onderstreep het.  
  • Antwoord altyd in volsinne.
  • Maak seker jy weet hoeveel tel elke vraag.  Dit sê vir jou hoe lank jou antwoord moet wees. 
  • Nommer jou vrae reg.  
  • Soms is daar vrae wat nie in jou leesstuk is nie.  Vir sulke vrae moet jy self die antwoord uitdink.
  • As jy klaar is, gaan weer deur die vrae en maak seker jou antwoorde is reg.  

Jy kan nie leer vir begripstoetse nie, maar jy kan wel oefen vir dit.  Laai begripstoetse van die internet af en oefen dit sodat jy kan leer hoe die vrae geantwoord word, en hoe om dit te beantwoord.  

Vir hulp met studiemetodes, kontak ons by info@studiemetodes.co.za 

Shopping cart

1

Subtotal: R75,00

View cartCheckout