hoe om gedigte of poësie te leer

Leer gedigte so

Sukkel jy om gedigte te leer?  Hier is ‘n paar idees om poësie in Afrikaans of Engels maklik te leer.  Ons gebruik die voorbeeld van Eugene Marais se Dans van die reën om die konsepte te verduidelik. 

Stap 1: Lees die gedig deur

O die dans van ons Suster!Eers oor die bergtop loer sy skelm,en haar oge is skaam;en sy lag saggies.En van ver af wink sy met die een hand;haar armbande blink en haar krale skitter;saggies roep sy.Sy vertel die winde van die dansen sy nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof groot.Die grootwild jaag uit die vlakte,hulle dam op die bulttop,wyd rek hulle die neusgateen hulle sluk die wind;en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien.Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,en hulle kruip nader en sing saggies:”Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!”En haar krale skud,en haar koperringe blink in die wegraak van die son.Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier;sy trap af van die hoogte;sy sprei die vaalkaros met altwee arms uit;die asem van die wind raak weg.O, die dans van ons Suster!

Stap 2: Fokus op ritmes en rymskemas

Lees die gedig weer hardop deur en kyk of jy kan sien watter ritmes en rymskemas die gedig bevat.  Kyk na jou handboek of notas en maak seker jy verstaan die rymskema en dat jy kan verduidelik hoekom dit gebruik word.  

Stres jy oor die eksamen?
Sukkel jy met motivering, angs of depressie? Voel jy negatief en het jy min selfvertroue? Kontak the Coaching Academy en leer vaardighede om jou negatiewe emosies te verander in positiewe denke. Ons werk al 20 jaar met kinders, tieners en volwassenes.
info@coachingacademy.co.za

Stap 3: Maak ‘n tabel

Deel jou bladsy in twee.  Aan die linkerkant plak (of skryf) jy die gedig neer.  Die regterkant van die tabel is daar om jou notas neer te leer.  Onthou dat kleure baie belangrik is wanneer jy ‘n gedig skryf.  Eenvoudige prentjies gaan jou ook help om beter te onthou.

Stap 4: Kleur koordineer jou klasnotas met die gedig

Skryf die dele in die gedig wat jy moet onthou in dieselfde kleur as die klasnotas.  Of omkring/onderstreep die woorde/dele in die gedig met ‘n spesifieke kleur, en skryf jou notas aan die regterkant van die tabel in daardie selfde kleur.  Onthou jy kan selfs prente gebruik om jou te help om dit beter te onthou.  

gedig Eugene Marais

Stap 5: Herhaal die gedig

Leer nou die gedig asook die klasnotas uit jou kop uit.  Lees die gedig hardop, en verduidelik wat elke woord of deel beteken.  Gebruik ‘n witbord en verduidelik die gedig oor en oor hardop vir jouself.  Skryf en krabbel op die bord en maak asof jy ‘n onderwyser is wat die gedig vir ‘n klas verduidelik.  Doen dit oor en oor totdat jy alles ken.  

Stap 6: Toets jouself

As jy dink dat jy die gedig ken en verstaan, is dit tyd om jou kennis te toets.  Sit jou kleurvolle tabel eenkant en kyk net na die wit en swart gedig op papier.  Lees elke sin en verduidelik wat dit beteken.  As jy dit kan doen sonder om weer op jou tabel te kyk, is jy reg vir die toets.  

Ander metodes

Tabelle is nie die enigste manier om jou gedigte te leer nie.  Flitskaarte werk baie goed wanneer jy gedigte leer.  Jy kan ook ‘n kleurvolle breinkaart maak om die gedig te leer.  Die belangrikste is om kleure en prente te gebruik en om die gedig te verstaan.  As jy dit kan verduidelik beteken dit dat jy dit verstaan.

As jy hulp nodig het om gedigte te leer, of om vir jou ander vakke te leer, kontak ons gerus by info@studiemetodes.co.za.  Ons tegniek is maklik en eenvoudig, maar uiters effektief.  

studie metodes werkswinkels

Shopping cart

1

Subtotal: R75,00

View cartCheckout