afrikaans sinsoorte

GRATIS: Afrikaans graad 4 tot graad 6: Sinsoorte Werkkaart

Vandag gaan ons praat oor iets baie interessant – Sinne! Maar wat is sinne? Wel, sinne is die manier waarop ons woorde in ‘n sin gebruik om te kommunikeer en idees oor te dra. Daar is ‘n paar tipes sinne wat jy moet ken.

1. Vraagsinne: Dink aan ‘n vraag. Vraagsinne is wanneer jy iets vra. Byvoorbeeld: “Hoe gaan dit met jou?” of “Wat eet jy vir ontbyt?”

2. Stelsinne: Hierdie sinne vertel ons ‘n feit of ‘n idee. Byvoorbeeld: “Die son skyn helder vandag” of “Die kat slaap op die mat.”

3. Bevelsinne: Hierdie sinne gee ‘n opdrag of instruksie. Byvoorbeeld: “Sit jou boeke weg” of “Moenie in die gang hardloop nie.”

4. Uitroepsinne: Dit is wanneer jy iets sê wat jou opgewonde of verbaas maak! Byvoorbeeld: “Wow, kyk hoe groot is die hond!” of “Hoor hoe mooi klink die musiek!”

Dit is baie belangrik dat jy die verskillende sinsoorte ken en weet wanneer dit gebruik word.  Maar hoe gaan jy dit leer?  Eerstens moet jy flitskaarte maak met voorbeelde van elke sinsoort daarop.  Dan moet jy die flitskaarte uit jou kop uit leer.  As jy klaar die flitskaarte geleer het kan jy vraestelle uitwerk en oefeninge doen. 

AFRIKAANSE HULPBRONNE

Gratis Sinsoorte Werkkaarte Graad 4-6



Afrikaanse sinsoorte

Dis is baie belangrik om soveel as moontlik te lees.  Al lees jy net elke dag ‘n stukkie.  Jou Afrikaanse punte gaan baie beter word.  

Wil jy leer wat die regte studiemetodes is?  Woon ons werkswinkel by en leer hoe om te leer vir die eksamen.


Bespreek jou plek

Weet jy hoe begripstoetse te beantwoord?  Hier is ‘n paar wenke:


Kliek hier

Shopping cart

1

Subtotal: R75,00

View cartCheckout