Hoekom is studiemetodes belangrik?

Jare gelde toe ek op skool was het ek geleer soos ‘n papagaai.  Die doel was om my werk so goed te leer dat ek dit woord vir woord kon herhaal as my ma my vra.  Hierdie tegniek het egter nie vir my die resultate gebring waartoe ek in staat was nie.  Ek het begin paniekerig raak sodra ek ‘n stukkie vergeet het.  In so mate dat ek dan sommer alles wat ek geleer het vergeet het.  
 
Dit was die geval met leervakke.  Om nie eers van wiskunde te praat nie.  Ons almal weet dat jy wiskunde moet oefen.  So dis wat ek gedoen het.  Die dag voor die toets het ek deur ‘n paar huiswerk somme gewerk en die volgende dag in die toets het ek gewoonlik dan ‘n verrassing gekry.  Want skielik het die somme anders gelyk as wat ek dit geoefen het.  Hoekom is die somme in die huiswerkboek so maklik, maar in die toets lyk alles grieks?
studie metodes
 
Alles kom in by studie metodes.  Met die regte studie metodes leer jy hoe om te VERSTAAN, eerder as om net te memoriseer.  Sodra jy die vermoë ontwikkel om logies te redeneer en oplossings vir probleme te vind, is jy op die regte pad.  Selfs leervakke moet met insig geleer word.  Jy moet dinge kan toepas en kan verduidelik en kan redeneer daaroor.  Dis dan wanneer jy jou potensiaal kan bereik.

Studiemetodes help jou om met die volgende:

Beter tydsbenutting;
'n Verskerpte fokus;
Minder stres;
Beter geheue;
Ontwikkeling van logiese denke;
Verbeterde woordeskat;
Beter punte.

Saam met ons studie metode werkswinkels doen ons ook ‘n leerstyltoets.  Ek wens dat ek op skool geweet het wat my leerstyl was.  Dinge sou soveel makliker gewees het.  As jy jouself ken en verstaan, leer jy beter en onthou jy beter.  Sommige leerders moet hardop leer, anders moet baie prente gebruik.  
 
Die regte studiemetodes en ‘n bewustheid van jou leerstyl is die eerste stappe na ‘n suksesvolle skool- en Universiteits loopbaan.
 
Kontak ons vandag vir meer inligting oor ons studie metode werkswinkels.

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping