metale in die periodieke tabel

Die periodieke tabel: Metale, nie-metale & half-metale

Oorsig: Die periodieke tabel: Graad 7 tot 9

Elke element het ‘n vaste posisie in die Periodieke Tabel. Die elemente is in volgorde van toenemende atoomgetal gerangskik, met die ligste element (waterstof: H) in die boonste linkerhoek.

n Element se posisie in die Periodieke Tabel sê vir ons of dit ‘n metaal, ‘n nie-metaal of ‘n halfmetaal is.

Metale word aan die linkerkant van die tabel gevind;

Nie-metale word heel regs in die tabel gevind

Al die tabelle het rye en kolomme.

‘n Element kan op 3 verskillende maniere geïdentifiseer word:

  1. elke element het ‘n unieke naam;
  2. elke element het ‘n unieke chemiese simbool; en
  3. elke element het ‘n unieke atoomgetal.

Metale is gewoonlik blink, rekbaar, en smeebaar. Die meeste is vaste stowwe by kamertemperatuur en het hoë smelt- en kookpunte.

Nie-metale kan vaste stowwe, vloeistowwe of gasse by kamertemperatuur wees. Hulle het ‘n groot verskeidenheid van eienskappe wat gewoonlik afhang van die fase waarin hulle is.

Die halfmetale is almal vaste stowwe by kamertemperatuur. Hulle het gewoonlik ‘n kombinasie van metaal- en nie-metaaleienskappe.

metale in die periodieke tabel


Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping