Flitskaarte
Flitskaarte kan groot pret wees. In plaas daarvan om net die kaartjies te wys en spel, kan mens lekker speletjies speel.
Spelwoord memorisering:
Maak ‘n dubbele stel van die spelwoorde en draai die kaartjies om. Laat jou kind die kaartjies twee op ‘n slag omdraai en soek vir die kaartjies met dieselfde woord op.
4 op-‘n-slag speletjie:
In slegs 4 stappe kan jou kind oefen om te lees, spel en skryf. Maak flitskaarte van die woorde en draai dit om. Laat jou kind kyk na die woord, dit hardop sê, die letters opsê en dan die kaartjie weer onderstebo neersit. Wanneer hy die kaartjie neersit moet hy die woord op ‘n papier skryf.
Vertel vir my ‘n storie:
Plaas die flitskaarte onderstebo op die tafel en maak beurte om ‘n woord op te tel. Laat hy die woord hardop lees en dan ‘n sin maak of ‘n kort storie vertel met daardie woord. So leer hy die woorde se betekenis.
Spelwoord wedren:
Elke speler kry ‘n pen en papier. Een persoon (gewoonlik die ouer) sê ‘n woord en elke speler moet daardie woord so gou as moontlik neerskryf. Die persoon wat die woord eerste reg gespel het, is die wenner.