‘n Brief aan elke matriek wat hul vraestel moet oorskryf

matriek

Liewe Matriek Leerling

2020 is ‘n jaar wat jy altyd gaan onthou.  Nie net omdat dit jou matriek jaar was nie.  Nog nooit in die geskiedenis was daar ‘n matriek groep wat dit deurgegaan het wat jy nou moet deurgaan nie.  Jy het die grootste deel van jou matriek jaar in lockdown deurgebring en op ‘n heel ander manier skoolgegaan as enige matriek groep voor jou.  Jou matriekafskeid (as jy so gelukkig was om een te hê), is gedoen met maskers en social distancing.  Alles omtrent 2020 is vreemd.  Vir baie jare vorentoe gaan jy nog praat oor hoe vreemd hierdie jaar was.   

kersfees promosie

Asof 2020 nie al erg genoeg was nie, word daar ook nog vraestelle uitgelek en moet jy nou weer jou wiskunde en wetenskap boeke uithaal  Jy het gedink jys klaar met jou eksamen, maar 2020 het nog ‘n laaste iets gehad wat hy wou uitdeel.  

Nou staan jy voor ‘n keuse. Sover het jy 2020 oorleef.  Gaan jy nou moed opgee?  Of gaan jy opstaan en veg?  Ek kan myself nie eers indink hoe jy moet voel nie.  Niemand kan nie.  Want geen mens op aarde het ooit dit deurgegaan wat jy deurgegaan het nie.  Geen matriek groep sal ooit verstaan hoe dit gevoel het om in 2020 in matriek te wees nie.

Deur die eeue heen het die grootste tragedies vir die grootste helde gesorg.  Mense wat gekies het om op te staan ten spyte van moeilike omstandighede. 

  • Neil Armstrong was die eerste man op die maan in 1969.  Maar in 1962 is sy dogtertjie van 2 en ‘n half jaar oorlede.  Ten spyte van sy pyn het hy geveg om die eerste man op die maan te word en is hy vir ewig in die geskiedenis boeke opgeteken. 
  • Nelson Mandela was vir 27 jaar in die tronk oor sy teenstand teen apartheid.  Maar hy het steeds die eerste swart president van Suit-Afrika geword.
  • Arianna Huffington het haar boeke probeer publiseer maar is deur 36 uitgewers verwerp.  Toe begin sy HuffPost, een van die suksesvolste digitale media webwerwe vandag. 

  •  Bill Gates se eerste maatskappy was ‘n mislukking.  Maar hy het nie dat mislukking hom onderkry nie.  Hy het saam met Paul Allen Microsoft begin en is vandag ‘n biljoener.  

  • Daar was eenmaal vir Walt Disney gesê dat hy ‘n gebrek aan kreatiwiteit gehad het.  Vandag is Disney sinoniem met verbeelding en kreatiwiteit. 

  • Steve Jobs was uitgeskop uit Apple, die maatskappy wat hy begin het.  Maar later kon hy terugkeer en dit een van die suksesvolste maatskappye op die planeet maak.   

kersfees promosie

Dit is nie lekker dat jy die vraestelle moet oorskryf nie.  Dit is nie lekker dat jy moet suffer oor ander mense se verkeerde besluit nie.  Ja, dit is moeilik.  Ja, dit is onregverdig. Maar die grootste suksesse kom uit die moeilikste omstandighede.  Jy leer nou hoe om op te staan.  Hoe om gefokus te bly.  Hoe om teleurstelling te oorkom.  Jy leer op 18 jarige ouderdom dit wat meeste mense eers laat in hulle lewe of selfs nooit leer nie,  

Jy gaan terugkyk met die wete dat jy omstandighede oorkom het wat vir baie ander mense die breekpunt sou wees.  Jy is in staat tot soveel meer.  Vandag wil ek vir jou sê:

Staan op en werk hard.  Moenie dat onregverdigheid jou sukses kelder nie.

Jy is ‘n wenner want jy kan opstaan en jy kan veg.

Jy is ‘n voorbeeld vir ander om jou.  

Jy kan dit doen en jy gaan dit doen.  En jy gaan dit goed doen.  

Jy kan enige iets doen wat jy moet doen, want jy is tot alles in staat.  Glo in God, glo in jouself en werk hard.  You got this!

KERSFEES PROMOSIES 🎀 🎊 🍁 🍁 !!!!
SPAAR R800 🔖 indien jy ‘n een-tot-een kursus boek in Januarie 2021 👨‍🎓
SPAAR R400 💥💥💥 wanneer jy ‘n groep studiemetodes werkswinkel in Januarie 2021 boek 🌈🌈🌈🌈
SPAAR R400 🔥🔥🔥 wanneer jy ‘n aanlyn studiemetodes werkswinkel bespreek tot 31 Januarie 2021 🖥 🖥 🖥
Vir meer inligting of om jou plek te bespreek, kontak ons by info@studiemetodes.co.za of besoek ons website by http://www.studiemetodes.co.za/opkomende-studiemetodes…/ vir opkomende groepswerkwinkels.
Please follow and like us:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *