Kan ek musiek luister terwyl ek studeer?


Die vraag wat ons sekerlik die heel meeste gevra word tydens elke studiekursus, is of ek mag leer terwyl musiek in die agtergrond blêr.  Kyk ‘n mens gewoonlik na liggaamstaal, is dit  duidelik dat ma en kind al erg koppe gestamp het oor hierdie onderwerp.  Albei staan gereed om te sê “I told you so” terwyl ons as aanbieders die vraag begin antwoord.  By die huis is daar al baie oor hierdie onderwerp gestry.

Die antwoord is nie so eenvoudig nie.  Baie studies is al gedoen oor die effek van musiek op die brein.  Kan musiek ons help om beter te onthou?  En, indien wel, watter musiek is die beste om na te luister? 

Klassieke musiek vs popmusiek

Wanneer jy studeer is dit beter om na ‘neutrale’ musiek te luister.  Met ander woorde, musiek wat jy nie elke dag na luister nie.  As jy na jou gunsteling musiek luister terwyl jy studeer, gaan jy defnitief wil saamsing of wil fokus op die liedjie, i.p.v. op jou skoolwerk.  Klassieke musiek help om agtergrond klanke wat steurend mag wees, uit te kanseleer.  Soos iemand wat in ‘n ander vertrek praat, die hond wat blaf of die kar in die straat.  Popmusiek of enige ander musiek waar ‘n sanger sing, is glad nie ‘n goeie idee nie.  Mens se brein sal eerder fokus op die woorde, i.p.v. op jou studies.

As dit  kom by musiek vs stilte, is stilte natuurlik die eerste keuse.  Maar waar daar baie agtergrond klanke is, is dit beter om klassieke musiek aan te sit om die geraas uit te kanseleer.

Die antwoord is dus dat jy wel musiek kan luister terwyl jy studeer, maar jy moet seker wees dat die musiek wat jy kies, nie jou aandag aflei nie.  Popmusiek?  Nee, beslis nie.  Klassieke musiek?  Ja beslis.  Geen musiek?  Dis die eerste prys.

Moenie ons volgende Afrikaanse studie metode kursus misloop op Saterdag 27 Oktober 2019 nie.  Dit gaan beslis die moeite werd wees.  Kliek hier om meer uit te vind.

Groete tot volgende keer

 

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping