Begin die nuwe skooljaar reg

Die Desember vakansie is verby en alles keer terug na normaal.  Almal van ons glo dat hierdie ‘n goeie jaar gaan wees.  Om die jaar beter te maak verg egter meer as net wens.  Wat kan ons doen om hierdie jaar jou kind se skooljaar reg te begin?

Verbeter jou studie vaardighede met een van ons studie metode werkwinkels in Olympus, Pretoria-Oos – stuur ‘n email na info@studiemetodes.co.za

Maak stres minder voor skool

Om almal wakker te kry, sorg dat almal aangetrek is, geëet het en reg is vir skool, plaas baie stres op ouers.  Ma en pa raak gefrustreerd want boetie vergeet elke oggend om sy tande te borsel en sussie is nie lus vir die ontbytpap wat voorgesit word nie.  Hoe dan gemaak?  Sit as gesin saam en stel ‘n rooster op.  Hoe laat staan ons op, wat moet ons doen voor ons skool toe gaan, watter dag eet ons wat? ens.  Laat elkeen bydra en ook saamdink aan gevolge as iemand nie die rooster navolg nie.  

Maak huiswerk makliker

Om huiswerk te doen is vir niemand lekker nie.  Dit is egter iets wat moet gedoen word.  Moenie te lank wag voor daar met huiswerk begin word nie.  Laat die kinders ‘n halfuur rus as hulle by die huis kom en begin dan werk.  Vat ook breuke tussenin sodat hulle suurstof na hulle brein toe kan kry.  

Kry die regte studie metodes

Elke mens is anders en elkeen het sy sterk en swak punte.  Die regte studie metodes moet van ‘n jong ouderdom af toegepas word.  Watter tipe leerder is jou kind?  Dalk is hy kineties en moet meer beweeg wanneer hy leer.  Wat is sy breindominansie?  Watte persoonlikheidstipe het hy?  Hoe kan ek die eienskappe van sy persoonlikheid vat en hom beter hanteer, motiveer ens?  As jy nuuskierig is oor enige een van hierdie vrae en ook wil he jou kind moet die regte studie metodes aanleer, kontak ons vandag en bespreek jou kind se plek by een van ons studie metode werkswinkels.  

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping