Die dolfyn leerder is die “besigste” van die 3 leerstyle. Hulle sal altyd iets beweeg, of dit nou hulle bene is wat swaai, hulle pen wat tik op die tafel of hulle stoel wat aanhoudend beweeg. Die dolfyn leerder is vir baie ouers ‘n groot uitdaging omdat hulle nie stil kan sit en leer nie. Tradisioneel word daar van kinders verwag om doodstil te sit en te konsentreer. Maar dit is baie moeilik vir die dolfyn leerder om doodstil te sit.