bord speletjies

Bordspeletjies vir brein ontwikkeling

Die Desember vakansie is hier!  Tyd om te herstel van die jaar se stres en harde werk.  Tyd om te rus en tyd saam met familie te spandeer.  Een van die lekkerste aktiwiteite om saam met die kinders te doen is bordspeletjies.  Behalwe dat dit pret is, het bordspeletjies ook baie voordele vir breinontwikkeling, insluitende memorisering, ontwikkeling van logiese denke, probleem oplossing en  ontwikkeling van wiskundige vaardighede.  Ons het ‘n lys saamgestel van 9 bordspeletjies wat kinders se brein ontwikkeling kan stimuleer en terselfdertyd groot pret is.  

Catan

Catan

Die Setlaars van Catan is ‘n strategiese bordspeletjie waar spelers hulpbronne moet bymekaar maak en dit gebruik om paaie, nedersettings en stede te bou.  

Catan help kinders met die volgende:

  • Beplanning:  Spelers moet beplan wat die beste manier is om hulle hulpbronne te gebruik sodat hulle die speletjie kan wen.  
  • Onderhandeling en verbale vaardighede:  Spelers moet met mekaar onderhandel om hulpbronne wat hulle nodig het, te ruil.  
  • Analisering en ontwikkeling van logiese denke:  Spelers analiseer hulle eie situasie in die speletjie en hoe hulle te werk moet gaan om hulle eie situasie te verbeter.  Watter hulpbronne het nie meer waarde nie? Watter hulpbronne se waarde het gestyg? Is daar sekere hulpbronne wat jy moet bymekaar maak ens.

Ticket to Ride

ticket to ride

Ticket to Ride is ‘n trein avontuur waar spelers bypassende trein kaarte versamel en gebruik om sodoende roetes oor die hele land te skep.  Hoe langer die roetes, hoe meer punte.  

Ticket to Ride ontwikkel logiese en strategiese denke en bevorder ook kennis van geografie. 

Clue

clue

Clue, of Cluedo, is ‘n bordspeletjie waar spelers hulle vaardighede moet gebruik om ‘n moord op te los.  Die doel is om uit te vind wie die moord gepleeg het, met watter wapen en in watter vertrek

Cluedo ontwikkel memorisering en waarnemings vermoë asook strategiese denke.  Spelers leer beplanning en om ander spelers se lyftaal te lees. 

Lazer Maze

lazer maze

Lazer Maze is ‘n speletjie waar spelers spieels, “beam-splitters”, wetenskap en logiese denke gebruik om ‘n laser straal deur verskillende doolhowe te lei om ‘n teiken te laat skyn.  

Lazer Maze ontwikkel kritiese denke, beplanningsvermoë, redeneringsvermoë en strategiese denke.  Dit is ‘n speletjie vir een persoon op ‘n slag, maar spelers kan beurte maak.  

Rush Hour Traffic Jam Logic Game

rush hour

Rush Hour is ‘n gly blok puzzle speletjie waar logika gebruik word om karre te skuif en sodoende verkeersopeenhopings te verhoed.  Die doel is om die rooi kar se pad oop te kry deur die karre wat hom blok, rond te skuif. 

Rush Hour ontwikkel logiese denke, beplanning, strategiese denke, probleem oplossing en geduld.  

Scrabble

scrabble

Scrabble verbeter taalvaardighede en spelling en ontikkel strategiese denke.  Dit verbeter fokus en memoriserings vaardighede en is goed vir sosiale interaksie.

Rummikub

rummikub

Rummikub is ‘n ou gunsteling wat help met wiskundige vaardighede, memorisering, die vermoë om patrone te sien, beplanning en fokus.  

Studie Metodes

Skaak, puzzles en Lego is ook lekker aktiwiteite om as gesin saam te doen. Bordspeletjies is ‘n ideale tydverdryf vir die hele gesin.  Dis pret en dit hou die brein aan die gang gedurende die vakansie. 

studiemetodes promosie
Benodig jy hulp met studiemetodes?  
KERSFEES PROMOSIES 🎀 🎊 🍁 🍁 !!!!
SPAAR R800 🔖 indien jy ‘n een-tot-een kursus boek in Januarie 2021 👨‍🎓
SPAAR R400 💥💥💥 wanneer jy ‘n groep studiemetodes werkswinkel in Januarie 2021 boek 🌈🌈🌈🌈
SPAAR R400 🔥🔥🔥 wanneer jy ‘n aanlyn studiemetodes werkswinkel bespreek tot 31 Januarie 2021 🖥 🖥 🖥
Vir meer inligting of om jou plek te bespreek, kontak ons by info@studiemetodes.co.za of besoek ons website by https://www.studiemetodes.co.za/opkomende-studiemetodes…/ vir opkomende groepswerkwinkels.
 

Shopping cart

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping